Tafelberg Publishers

NB Publishers
303Книжки3Підписники
Tafelberg Publishers is 60 years old this year. Originally known for its Afrikaans literary fiction, Tafelberg today publishes a wide range of nonfiction and fiction in English and Afrikaans.
    NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Elmien en Riekert is sedert hul tienerjare onafskeidbaar. Maar Riekert het nog nooit enige tekens van romantiese toenadering getoon nie. Dan daag hy onverwags met groot nuus by Elmien se voordeur op — hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, te laat besef hy moet iets doen om haar aandag te trek en in die proses slegs haar inkopielys in die hande gekry. Sy droomvrou blyk ’n interessante en avontuurlustige vrou te wees — die lysie bevat immers allerlei unieke items. Elmien moet nou vir die eerste keer die moontlikheid oorweeg dat Riekert nie vir altyd net aan háár sy kan wees nie. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Elmien besef gou dat sy op haar beste vriend verlief is en besluit sy sal hom help om die droomvrou op te spoor, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig moet sien. Dinge verloop uiteraard nie soos die twee vriende beplan het nie en mettertyd moet albei hul planne heroorweeg.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Suzanne en Phil is nog nie lank in ’n verhouding nie, maar sy hoop hy sal haar binnekort vra om te trou. Sy sukkel egter al hoe meer om nie vergelykings met haar vriende se verhoudings te tref nie. Hoekom kan sy en Phil mekaar net op sekere dae op spesifieke plekke sien? Kan een mens régtig so hard werk? Dan besluit tannie Gertruida onverwags om by Suzanne in te trek en Phil is glad nie ingenome met die idee nie. Tannie Gertruida is beslis nie op haar mond geval nie en haar teenwoordigheid kompliseer die stand van Suzanne en Phil se verhouding — veral wanneer tannie Gertruida ’n hegte vriendskap bou met hul jong buurman Herman. Suzanne sien en hoor nou al hoe meer van haar buurman wie se hart na sy familieplaas hunker, en wanneer sy iets uiters onaangenaam van Phil te wete kom, sukkel sy om nie ook met ander oë na Herman te kyk nie.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou. Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is — nonsens. Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir ’n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis ’n uitstekende reëling — pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerhande lekker dinge aan haar lyf. Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart gaan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter uitdaging op uitdaging. Sy waai op ’n winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia raak gou halsoorkop verlief. Maar hoe voel hý oor háár? Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie. Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?
  • Luné Olivier
    Droomberig
    • 6
    • 2
    af
    Книжки
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar — haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie — kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer. Daar is egter ook soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan se fisioterapeut te wees? Belangriker nog: Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit blyk dat hy so min as moontlik met dié rykmanskind en haar gesin te doen wil hê. Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Asof hy iets het om aan die wêreld – en mense soos Stella se gesin – te bewys. Stella wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die Swift-miljoene funksioneer. Ongelukkig tref die een na die ander terugslag dan haar gesin. Haar jarelange vriend, Tiaan Rademeyer, glo dat hy en Stella bymekaar hoort. Boonop is daar ’n vasberade fisioterapeut wat haar oë én drome op Arend gevestig het. Het die noodlot net besluit die twee dokters se lewenspaaie mag nooit kruis nie, of kan hulle te midde van al die chaos en teleurstelling steeds vrede en geluk in mekaar se arms vind?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies — veral vroue — in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Sophia Joubert en haar skoonfamilie keer terug na die verwoeste familieplaas na afloop van die Anglo-Boereoorlog. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed. Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Daar heers onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Zoetstroom is ’n klein dorpie en dis presies wat kunstenaar Dia Malan wil hê: ’n stil plekkie om rus vir haar siel te vind. Sy besef egter gou dat die plaas Droomkrans waarskynlik nie die oase gaan wees waarop sy gehoop het nie. Dia het immers nie nét ’n plaas geërf nie: Daar is ook twee koddige huismaats én ’n geheimsinnige huurder in die kothuis. Boonop is die huurder, Han Gericke, ’n soort befoeterd wat mens nou nie aldag agter élke bos uitskop nie. ’n Verbode ondersoek by dié aantreklike man se woning lewer ook meer vrae as antwoorde op. Dia en Han sukkel aanvanklik om mekaar se geite en giere te verstaan en albei se hardkoppigheid vergemaklik nie juis die situasie nie. Net toe dinge mooi in mekaar begin pas, arriveer twee stadsjapies. Nou moet Dia besluit: Gaan sy haar geheime onthul of moet sy wéér elders oorbegin?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Die brandbestryding-vlieënier Matt Marais se nuwe buurvrou, Sasha Harold, maak uit die staanspoor gevoelens in hom wakker. Nie een van die twee is egter in die mark vir ’n verhouding nie: Matt omdat hy nog die josie in is ná die verbrokkeling van sy vorige verhouding, en Sasha omdat sy ’n wêreld van moeilikheid agter haar laat. Boonop stem Matt nie saam met die wyse waarop Sasha haar drome wil najaag nie. Sasha met haar groot bruin oë laat hom aan ’n verterende vuur dink en as hy nie versigtig is nie, gaan sy hom vaskeer. Die hemel weet: Hy wil nooit weer sy vingers verbrand nie. Matt bly wonder: Hoekom het sy haar gerieflike lewe in die Kaap agtergelaat? Sal hulle vir mekaar ’n heenkome en veilige hawe kan bied?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans, eers nadat sy als wat sy kán by hom geleer het. Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer nie. Sy sukkel egter om die beeld van hom, sopnat in die reën met die wit hemp wat elke spier op sy breë bors ten toon stel, uit haar geheue te verban. Wie is al die vrouens in Hugo se lewe? Cassandra is ’n modepop en dokter Marina Botes het klaarblyklik groot waardering vir Hugo se gasvryheid. Boonop wil Hugo se ma haar familie se nalatenskap ten alle koste beskerm en Natasja se familiegeskiedenis is nie juis ideaal nie.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Hulle is jong, gekwalifiseerde joernaliste en benodig lewenservaring en genoeg geld om die pot aan die kook te hou. Die skilderagtige kusdorpie Silwersee is net die regte plek om dit te doen. Lani wens haarself nou al jare lank geluk omdat geen man nog daarin kon slag om haar gedissiplineerde emosies te versteur nie. Dokter Jan-Erik van Eeden met sy onbetwisbare selfversekerdheid is egter die oorsaak van onbekende sensasies. Dié donkerkopman met die silwergrys oë laat haar siel nie met rus nie en Lani hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie. Hoekom beveel tant Marcia boonop vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik se teenwoordigheid te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Na ’n traumatiese voorval met haar eks, verlang Erika na ’n ver plek waar mense haar veilig sal laat voel. Sy besluit om rus vir haar siel te gaan soek by haar familie in Santorini. Sy’t skaars haar voete op die eiland gesit toe sy hom sien: ’n Griekse god met ’n lenige lyf, breë skouers en donker oë. Hy is die mooiste man wat sy nog in lewende lywe gesien het, en hy straal manlikheid uit. Paul Michelakis is die kroonprins van die Atlantis-fortuin. Dit gaan egter meer as geld en die vooruitsig op ’n volmaakte toekoms verg om Erika se liefde en vertroue te wen, want sy is nou half bang vir mans. Boonop gaan Cristina Vassiliou en dié se ryk familie ook nie sommer terugstaan vir ’n onbekende blondine nie.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Mynhard Malan erf die plaas Koppie-alleen by sy vervreemde pa. Terwyl hy tydelik op ’n nabygeleë kleinhoewe tuisgaan, word sy voete letterlik en figuurlik onder hom uitgeslaan deur sy misterieuse buurvrou. Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? ’n Tartende duiwel op sy skouer wil vir Mynhard wysmaak dis iets anders as goeie maniere wat hom na haar toe dwing. Tessa wil egter nie nóg ’n aantreklike man naby haar toelaat nie. Hoekom is sy so kil en afsydig, en wat weet sy omtrent Charlotte Basson se dood? Mynhard sal iets aan sy muisneste moet doen. Dalk moet hy haar liefs vermy en hom by die plaaswerk bepaal voordat hy té betrokke raak by haar probleme. Boonop het hy ’n groot uitdaging op hande toe die beeldskone en manipulerende Yvette Minnaar opdaag.
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Lelanie Ferris wil nie ’n romanse aanknoop tydens haar vakansie in die Kaap nie, maar Dian Bergh met sy groen oë en sterk gestalte toor behoorlik met haar sintuie. Hoe op dees aarde gaan hulle nét vriende wees wanneer hulle voortdurend moet spook om hul lippe en hande van mekaar af te hou? Is Lelanie reg om aan te beweeg ná die groot ontnugtering wat sy moes oorleef? Sy sien werklik nie kans om nóg pyn te ervaar nie. En wie is die blondine wat konstant Dian se aandag probeer trek? Dis dalk nie eens nodig om al die vrae te beantwoord nie: Haar firma ondersoek ’n saak van korrupsie en sy ken een van die beskuldigdes. Wat is Dian se betrokkenheid en het hy haar die heeltyd net om die bos gelei?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Nina neem ’n blaaskansie van haar besig lewe as haarkapper en -stilis in Pretoria om haar ouma Anita Kalahari toe te neem waar sy by haar jarelange vriend, oom Chris, wil gaan kuier. Maar Nina sou nooit kon raai dat die pad na die plaas Geluk haar ook na oom Chris se kleinseun, Ian, sou neem nie — die aantreklikste man wat sy nog ooit gesien het. Vir die eerste keer in haar lewe kry ’n man dit reg om haar voete onder haar uit te slaan. Maar ’n verhouding tussen hulle sal tog nooit werk nie. Nina is ’n stadsmeisie en Ian is ’n boer in murg en been. Sy sal nooit op ’n plaas in die halfwoestyn aard nie. Nina moet maar liewer teruggaan na die standvastige Carl wat haar gesoen het voor sy uit Pretoria weg is — al is hy so koel en korrek. Buitendien blyk dit dat Ian steeds vir sy vriendin Zanelle gevoelens het … Watter ander rede kan daar tog wees dat Zanelle se verloofde agterdogtig is oor hom?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Van hul skooldae af het almal gedink dat Marlene Burger en Tom Lourens vir mekaar bestem is. Maar Marlene, met haar voorliefde vir avontuur en adrenalien, wou haar nie vroeg reeds aan ’n rustige huislike bestaan bind nie. Nee, sy het luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD geword, haar plek in ’n manswêreld oopbaklei en kriminele laat les opsê. Maar nou is daar ’n kans vir Marlene en Tom om weer te probeer om ’n verhouding te hê — ná hulle elk ’n mislukte huwelik agter die rug het. Gaan dit dié keer werk? Want vlootoffisier Lourens blyk onnodig versigtig te wees wanneer dit by hul verhouding kom. Sý weer oorhaastig … Die geheimsinnige Ziegfried van Leeuwen, wat dalk die ontwykende straatkunstenaar De Leeuw kan wees, verskyn boonop op die toneel en is met luitenant-kolonel Burger gefassineer. En skielik moet Marlene besluit wat sy werklik wil hê . . .
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Al wat Liliane Beaudelaire oor haar ouers weet, is dat haar pa haar by ’n weeshuis in Frankryk gelos het sodat hy na haar ma in Arabië kon gaan soek. Hy het nooit teruggekeer nie. Ene monsieur Laurent bied die twintigjarige Liliane die geleentheid om Arabië toe te gaan, maar daar maak sy die skokontdekking dat hy beplan om haar as die slavin Farhah te verkoop. Durf sy hoop dat die forse sjeik Dawud haar sal help? En wat weet hy omtrent haar ware identiteit?
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Ná ’n liefdesteleurstelling wil Mia de Villiers vir ’n ruk uit Suid-Afrika wegkom en sy gaan werk as ’n versorger op die eiland van Jersey. Sy kom dadelik met haar werkgewer, die weduwee Sarah de Lisle, oor die weg, maar met haar seun, Jean de Lisle, sit sy vas. Uit die staanspoor is Jean laat om haar by die lughawe op te laai en hy gee te kenne dat Mia sy kosbare tyd as eienaar van ’n makelaarsmaatskappy mors. Boonop insinueer hy dat sy na die belastingparadys Jersey gekom het om vir haar ’n ryk man te vang. Mia vererg haar vir die arrogante vent met sy spoggerige Ferrari – hy moenie dink sy is soos sy trofeemeisies wat deur sy rykdom beïndruk word nie. Hy is nou wel die aantreklikste man wat sy al ooit teëgekom het, maar ná sy deur haar eks-verloofde verkul is, gaan sy beslis nie voor ’n rokjagter soos Jean swig nie. Al blyk dit ook gaandeweg dat dié alfaman ’n sorgsame, sagter kant het wat hy nie sommer vir enigeen wys nie . . .
  • NB Publishersдодав книжку на полицюTafelberg Publishers3 роки тому
    Erika Strauss het klaar studeer en wil begin om sielkunde te praktiseer, maar skielik is haar eie psige vir haar ’n raaisel. Dis die aantreklike donkerkopman wat sy in die bure se tuin aangetref het wat haar kop so deurmekaarkrap. Wat sou haar besiel het om die wildvreemde man te soen en dit boonop te geniet? Hy was geklee in ’n oorpak en het beweer hy is ’n tuinier en sy naam is Moos, maar sy weet sommer dit is nie waar nie. Wie is hy? En waarheen het hy verdwyn? Sy verbeel haar nou selfs dat sy hom, geklee in ’n aandpak, in ’n deftige restaurant gewaar het … Sy moet haar regruk, want ’n ou vriend het haar hulp nodig om sy vrou se irrasionele vrese te help besweer. Maar Erika weet sy sal ook met haar eie emosionele bagasie moet vrede maak as daar enigsins vir haar ’n kans op liefde is . . .
fb2epub
Перетягніть файли сюди, не більш ніж 5 за один раз