af
Книжки
Gabriel Agbo

Die Krag Van Middernag Gebed

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf.
In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel?
Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het — direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was?
Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel?
Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom forseer om ʼn slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom?
Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.
314 паперових сторінок
Правовласник
Tektime
Дата публікації оригіналу
2019
Рік виходу видання
2019
Видавництво
Tektime
Уже прочитали? Що скажете?
👍👎
fb2epub
Перетягніть файли сюди, не більш ніж 5 за один раз